Slaan oor na inhoud

9.8.11

Augustus 23, 2011

ouma,

die komma hang te lank op kaal papier…

wat sê ’n mens dan
as daar nie meer woorde is nie
as klank ook opdroog
as daar nie meer hande is om vas te hou nie

ek wil ‘skuus sê vir die rooinaellak wat
ek gedra het toe ek totsiens kom sê het
(ek onthou hoe jy ek klein was gesê het dit lyk aaklig)
dankie vir roomys-ontbyt
wafels vir lunch
Britbaai-vakansies
’n poep-grap, hard lag

jy’t my in herken in die laan
soos jy gesê het jy sou,
al raak ek hoe groot
en jy
hoe oud

die klein eenvoudige goed,
dít sê mens
dís wat ons onthou –

pekaneutbome
die mossienes op die plaashuisbalkon
gehekelde komberspatrone

mag die miswolke altyd soggens
rol oor Simonsberg
mag die son elke middag
deur die akkerbome bars
en mag die digbundels volop wees

tot ons mekaar weer raakloop in die laan…

No comments yet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.