kmm 1
Augustus 11, 2011
luister na joanna newsom
van bere en balonne
karate-aandetes
maar jy weet. natuurlik.
ek roer deesdae gereeld
jou stem in my tee in
klingel-klingel so
saam met die te-e-le-pel
ruik jou in woorde
bedompige wasgoed
my plaashuis duvets
van toe ek kind was
a-
sem in
jy weet, natuurlik
van linte
en perskes
en walvisse?
soos vingers
en vel
en swaar slaapkamer oë
voel jy soms as ons saam lê
hoe jou vel uitrek en deurskuur
soos die moue van ‘n ou trui
wat lekker dra
2 Kommentaar
leave one →
Go Mari! Ek is meer engels maar ek verstan (My taal is nie te goed nie!)
Nice to see you writing again :)