fin.
sulke tyd vir ons
krane toedraai
terugdraai
laagwater -
en skulpe bly agter
ek wil eerder dig
oor Kaapstad
Paternoster
film in die kamera
patroon van ‘n rok
maar ek’s die moer in
en die wind skep deur jou hare
en ek ruik jou oral
en die wind skep deur jou hare
en ek ruik jou oral
oral.
15 (kmm2)
hier’s wat ek weet:
15 minute kan rek
en krimp
en skuur teen verstand
soos ‘n kat na
lyf warmlê op die vensterbank
15 minute is genoeg
vir omdraai
wegdraai
deurmekaar draai
terugdraai
inlê soggens
verkeer vang
daar lê 15 minute tussen ons saamgevlegde voete
9.8.11
ouma,
die komma hang te lank op kaal papier…
wat sê ’n mens dan
as daar nie meer woorde is nie
as klank ook opdroog
as daar nie meer hande is om vas te hou nie
ek wil ‘skuus sê vir die rooinaellak wat
ek gedra het toe ek totsiens kom sê het
(ek onthou hoe jy ek klein was gesê het dit lyk aaklig)
dankie vir roomys-ontbyt
wafels vir lunch
Britbaai-vakansies
’n poep-grap, hard lag
jy’t my in herken in die laan
soos jy gesê het jy sou,
al raak ek hoe groot
en jy
hoe oud
die klein eenvoudige goed,
dít sê mens
dís wat ons onthou –
pekaneutbome
die mossienes op die plaashuisbalkon
gehekelde komberspatrone
mag die miswolke altyd soggens
rol oor Simonsberg
mag die son elke middag
deur die akkerbome bars
en mag die digbundels volop wees
tot ons mekaar weer raakloop in die laan…
kmm 1
luister na joanna newsom
van bere en balonne
karate-aandetes
maar jy weet. natuurlik.
ek roer deesdae gereeld
jou stem in my tee in
klingel-klingel so
saam met die te-e-le-pel
ruik jou in woorde
bedompige wasgoed
my plaashuis duvets
van toe ek kind was
a-
sem in
jy weet, natuurlik
van linte
en perskes
en walvisse?
soos vingers
en vel
en swaar slaapkamer oë
voel jy soms as ons saam lê
hoe jou vel uitrek en deurskuur
soos die moue van ‘n ou trui
wat lekker dra
trek
ek wonder oor trou
hoe mens besluit
en hoe dit voel
ek het ‘n prent van ‘n ontploffing in die ruimte
onderskrif, ‘n “moment of great significance”
maar dan is dit seker maar heeltyd
in die strate
in motors
en huise
en in beddens
monde
oë
hande wat vashou
en voete wat padvat…
Ekskuus.
Meneer,
Soek nommer 3 Kortverhaal straat
Een Twee Drie
Uitgesluit?
Kortverhaal straat. Seker?
Ja nee
Spaarsleutels, meneer?
Uitgesluit, ja
Ek bly daar
Of het, dit blyk
Uitgesluit
Binne is my sleutel
Erens onder die bank vasgedruk
Sal even in die fridge kyk
Uit-ge-fokken sluit. Ei-donners-na
Sal maar wag, meneer
Buite,
ek dra swaar aan die glas
bottels wat my water dra
organiese bollie
want plastiek bottels maak
gif as dit warm raak
ek dra eerder swaar
esoteriese organiese ekonomiese
bollie.
‘n video soos ‘n Paul Simon liriek
alexander,
feite ontrafel
niks hak
sonder uitrafel nie
mettertyd
en jy’s my alexander
en ek het vergeet
hoe vinnig woorde
Inrol en uitrol
nate oo
p
gepeuter word
en hoe seer
smeek vir vergifnis is
feite ontknoop
en leegheid klots saam
soos ouerhuise sonder kinders
en ek het vergeet jy’s my
alexander
vergeet van pas
en een en een
is twee
en sirkels kn
ip
vergeet jy’s onsettend mooi
as jy kaal slaap
jou lyf nat is
jou vingers hare soek
en wanneer jy bestuur
en as jou hart in jou skoene sit
en jou oё in jou hande
en uit by die venster
en ek het vergeet hoe jou mooi my hart breek.
